Jag

Voorwaardes en pakkette vir Jag

  • Die term “Jagter” impliseer ‘n persoon wat met sy eie wapen in ‘n jagkamp jag.
  • Jagters aanvaar aanspreeklikheid om die volgende pakket per jagter te jag.
  • Die jag van ten minste 2 x kleinwild gekies uit die volgende: Bosvark/Vlakvark/Rooibok/Blesbok, en / of
  • Die jag van ten minste 1 x grootwild gekies uit die volgende: Eland/Koedoe/Rooihartbees/BWB/Waterbok/Zebra/Gemsbok.
  • Kameelperde/Swartwitpense/Buffels en Njala word slegs met ‘n vooraf bespreking gejag.


Addisionele inligting

  1. Geen onderskeid tussen dag fooie vir Jagter en nie-jagters.
  2. Kleuters is gratis, Laerskool kinders betaal 50% van akkommodasie en Hoërskool leerders betaal vol prys.
  3. Akkommodasie & Jag tariewe vir Buitelandse kliënte op aanvraag.
  4. Alle eenhede word daagliks gediens.
  5. Geen gebruik van eie voertuie of vierwiel motorfietse word toegelaat nie.
  6. Spyseniering slegs by die Hoof kamp: Unieke Bos kos spyskaart met onder andere wilds geregte word voorgesit.
  7. Geen eie drank word toegelaat by die Hoof kamp nie a.g.v. dranklisensie regulasies.
  8. ‘n Deposito van 50% van die akkommodasie om bespreking te bevestig.
  9. In geval van kansellasie word deposito verbeur.
  10. Ons is ‘n BTW geregistreerde besigheid, BTW moet bygereken word.
  11. Aankoms: 14:00 en Ontruim: 10:00


Vleis verwerking

  • Vlakpan beskik oor netjiese skoon slag geriewe en koelkamers waar die karkaste verkoel en/of verwerk kan word.
  • Geen private gebruik van hierdie geriewe word toegelaat nie.
  • Vleis verwerkings tarief is R24 per kg karkas gewig.
  • Ons beskik oor die kundigheid om u vleis in hoë kwaliteit produkte te verwerk.
  • Slegs Crown speserye, tradisionele resepte en vetstert skaapvet word in die verwerkings proses gebruik.
  • Verwerkings tarief sluit in verwerking, droging, verpakking en bevriesing van u vleis.
  • Kliënte bly self verantwoordelik vir die afhaal van hul vleisprodukte.


Jag voorwaardes

  • Jag vind plaas volgens alle wetlike aspekte wat gemoeid is daarmee.
  • Elke jagter sal ‘n vrywaringsvorm onderteken. Alle jagters sal akkuraatheid van vuurwapens op die skietbane moet bewys.
  • Jag vind te voet plaas op die “walk & stalk” beginsel.
  • Geen jag vanuit voertuie nie.
  • Geen jag sonder ‘n gids nie.
  • Jagters en gidse word op sekere punte af en opgelaai.
  • Alle gidse is toegerus met tweerigting radio’s.
  • Geen jag by voer of suipplekke nie.
  • Geen jagter onder die invloed van drank sal toegelaat word om te jag nie.
  • Ons kuier in die kamp en jag in die veld, maar ons meng nie die twee nie.
  • Wapen veiligheid is die jagter se verantwoordelikheid en in alle opsigte toepaslik.
  • Wapens word in die kluis toegesluit na jag sessies.
  • Jag vind plaas vanaf eerste lig tot 17:00.
  • Vergewis uself van kaliber grootte en spesies wat gejag wil word. Kalibers kleiner as .243 (6mm) word nie toegelaat nie.
  • U gids is ‘n hulp t.o.v. sig, gehoor en identifisering van wild. Die verantwoordelikheid t.o.v. dit wat geskiet word, rus geheel en al op u wat die sneller trek.
  • Wild wat gejag is word onmiddellik na radiokontak opgelaai en na slagplek vervoer.
  • Jagters moet asb. met radio kontak reël t.o.v. hul karkaste bv. trofee slag of vel aan los ens.
  • Twee jag sessies vind daagliks plaas van 6:00 tot 11:00 en van 15:00 tot 17:00.
  • Geen nag jag en jag op Sondae of Christelike vakansiedae nie.
  • Misskote betaal u 15% van die bok se prys.
  • Kwes skote betaal u vol prys vir die bok.
  • Spesies wat nie gejag word nie: Steenbok, Duiker, Gemsbok, Volstruis en Wit Blesbokke.
  • ‘n Deposito van 50% van akkommodasie om bespreking te bevestig. In geval van kansellasie word u deposito verbeur.
  • Ons is ‘n BTW geregistreerde besigheid, BTW moet bygereken word.

Stuur vir ons 'n e-pos

* Vul asb. alle vereiste velde in, dankie!