Akkommodasie

Hoof kamp

Vlakpan se hoof kamp het ‘n pragtige uitleg met sentrale kombuis, eetkamer vir + 45 persone, sitkamer met ‘n groot skerm DSTV, Konferensie fasiliteite vir + 45 persone met ‘n unieke Bosveld kroeg en groot stoep. Die chalets is netjies en gerieflik met ‘n groot grasperk tussen bosveldbome. Elke chalet beskik oor dubbel geriewe met en-suite badkamers.

Chalet 1 tot 4 (Gesinskamers)

Elke chalet het 'n koningin-grootte bed en 2 driekwart beddens met ‘n en-suite badkamer. Ten volle toegerus met linne, handdoeke,  lugversorging, ketel ens.  en word daagliks gediens.

Chalet 5 & 6 (Ons Honeymoon suites)

Elke chalet het ‘n koningin-grootte bed en ‘n slaapbank met en-suite badkamer. Ten volle toegerus met linne, handdoeke, lugversorging, ketel ens.  en word daagiks gediens.

Chalet 7 & 16 (Privaat vir egpare / individue)

Elke chalet het ‘n koningin-grootte bed met en-suite badkamer. Ten volle toegerus met linne, handdoeke, lugversorging, ketel en.  en word daagliks gediens.

 

Gastehuise: (200m vanaf Hoof kamp)

Duiker & Steenbok

Die gastehuise het ‘n slaapkamer met ‘n dubbelbed en ‘n slaapkamer met 2 enkelbedjies, oopplan  kombuis, eetkamer, TV kamer met DSTV en badkamer.  Groot braaiplek buite. Die gastehuise is ten volle toegerus met lugversorging, linne, handdoeke, skottelgoed, ys en vries geriewe, stoof, mikrogolf en word daagliks gediens.
Selfsorg - Ys en hout word voorsien.

Boskamp “Leeu-loop”

Sentrale slaap area onder een dak met 10 ingeboude beddens.
Aparte ablusie geriewe met storte en spoeltoilette.  Linne, skottelgoed, muskietnette, gaslampe, hout en ys word voorsien. Geen elektrisiteit. Eie handdoeke asb.
Selfsorg - Ys en hout word voorsien.

Stuur vir ons 'n e-pos

* Vul asb. alle vereiste velde in, dankie!